Die Barbier van Sevilla (Italiaans: Il barbiere di Siviglia) is ’n opera deur Gioachino Rossini, gegrond op ’n Franse toneelstuk deur Pierre de Beaumarchais.[1]
Die Barbier van Sevilla is 'n komiese opera (of opera buffa) met twee bedrywe. Dit is Rossini se bekendste opera, wat verskeie welbekende liedjies bevat. Die opera is die eerste keer op 20 Februarie 1816 in Rome opgevoer. Selfs na twee honderd jaar bly dit steeds 'n gewilde werk.[2]